Haufiku sê daar’s eenvoudige oplossings vir wanvoeding
Die oud-minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende berigte van kindersterftes as gevolg van wanvoeding. Al hoe meer streke meld sterftes of hospitalisering in die verband aan. Hy sê daar is verskeie redes hiervoor en voeg by, gemeenskappe beweeg weg van gesonde, tradisionele voedsel wat altyd tradisioneel geëet is.