Korrupsie by grensposte ondermyn veiligheid – ANCYL
Die ANC-jeugliga sê korrupsie by grensposte ondermyn nasionale veiligheid deur mense toe te laat om die land binne te kom sonder behoorlike ondersoek. Die liga het reageer op die arrestasie van 95 Libiese burgers by ‘n militêre opleidingsbasis naby Witrivier, Mpumalanga. Die ANCYL se woordvoerder, Zama Khanyase, sê die party eis ‘n omvattende hersiening van grensbeheeroperasies om te verseker dat hulle toegerus is om onwettige toegang tot die land te voorkom. Khanyase sê Binnelandse Sake moet ook interne korrupsie aanspreek wat individue in staat stel om die immigrasiestelsel uit te buit.