Jnr-Bok Divan draf vandag vir WP uit teen Bulle

Die Junior Springboklosvoorspeler Divan Fuller maak vandag sy senior Westelike Provinsie-debuut in die Curriebekerkragmeting teen die Bulle op Loftus Versfeld. Saam met hom in die opdrafspan is Wandisile Simelane, Sazi Sandi en Lizo Gqoboka, wat almal in die Noord-Suid-botsing terugkeer na beserings. Die enigste ander verandering aan die begin-vyftiental is Courtnall Skosan op vleuel in die plek van die beseerde Jared Africa. Die wedstryd skop vanmiddag net na vyf af. In Vrydag se wedstryd in Welkom het die Cheetahs die Griffons net-net met 47-45 geklop.