Starmer laat vaar Sunak se uitdaging van ICC-lasbriewe vir Bibi en kie

Die nuwe regering in Brittanje het sy uitdaging laat vaar vir lasbriewe vir arrestasie van die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu. Die regering van die voormalige eerste minister, Rishi Sunak, het teenoor die Internasionale Strafhof aangedui dit gaan ‘n versoek om lasbriewe vir Netanyahu en die minister van Verdediging, Yoav Gallant, oor beweerde oorlogsmisdade in Gaza, uitdaag. Brittanje moes teen gister sy vrae by die hof in Den Haag indien maar die nuutverkose Arbeidersregering het aangedui hulle gaan nie voort met Sunak se plan nie.