Spele open op Seine te midde van ondersoek na spoor-aanval

Terwyl die openingseremonie op die Seine plaasgevind het, sê Franse owerhede hulle vermoed anargiste of ultralinkses was moontlik agter die aanvalle op die land se spoornetwerk, wat gelei het tot chaos. Installasies is langs die spoorlyne geteiken wat die hoofstad met die weste, noorde en ooste verbind. Na verwagting sal spoorverkeer steeds oor die naweek geraak word. Frankryk het ‘n grootskaalse ondersoek na die voorvalle van stapel gestuur en sekerheidsmaatreëls verskerp.