Obama-egpaar ondersteun Kamala

Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, sê hy ondersteun Kamala Harris se veldtog vir die Withuis. Hy het op die sosiale mediaplatform X geskryf hy en sy vrou, Michelle, het hulle vriendin Harris vroeër die week gebel. Hulle het haar meegedeel hulle glo sy sal ‘n fantastiese president van Amerika wees en hulle ondersteun haar ten volle. Die Demokratiese Party sal Harris na verwagting volgende week as sy kandidaat vir November se verkiesing aanwys.