Skerp kritiek teenoor nuwe Waterwet van Russe se regsman

Die regsman van Headspring Investment, die Namibiese filiaal van die Russiese reus Uranium One, Charles Visser, het sy kritiek teenoor die nuwe Waterwet uitgespreek. Die wet is einde Augustus verlede jaar geïmplementeer. Op die oomblik weier die lynminister Calle Schlettwein die Russe ‘n waterpermit wat hulle uraan-eksplorasie in en om Leonardville kniehalter. Visser sê daar is groot regulerende uitdagings met die wet.

Visser sê sy kliënt het steeds regte en is daardie regte gegun deur plaaslike owerhede wat die ministeries van myne en energie en die van omgewing.