Sabotasie in Parys is ‘onaanvaarbaar’

Die Franse minister van sport, Amélie Oudéa-Castéra sê sy veroordeel die vandale wat verantwoordelik is vir die brandstigtingsaanvalle op hoëspoed-spoorroetes in en om Parys net voor die amptelike opening van die Olimpiese Spele. Seinbokse is beskadig wat roetes ontwrig het.