NamWater ondersoek nuwe bronne van inkomste

NamWater sal sy bron van inkomste diversifiseer om volhoubaarheid van inkomste te verbeter. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia het die maatskappy se laboratorium uitgelig wat uitstekende dienste lewer en ‘n goeie bron van inkomste kan wees. Die maatskappy, wat van kritieke belang is, ontvang nie reddingsboeie nie en inteendeel, het in 2016 die regering met 235 miljoen Namibiese dollar bygestaan vir infrastruktuur projekte. NamWater word amper 2 miljard dollar deur owerhede geskuld.