Toermaatskappy werker verskyn op Outjo

Die Kunene-polisie het meer inligting in verband met die Wilderness Safaris-roof tussen Otjiwarongo en Outjo bekend gemaak. Die mag sê die 24-jarige Chesley Hanabeb, het vanoggend in die hof op Outjo verskyn op klagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom, en die diefstal van 7 000 Namibiese dollar in kontant. Hy het blykbaar voorgegee dat hy by ‘n vals padblokkade gestop is en dat daar ‘n vuurwapen op hom gerig is. Maar hy het na bewering self die kontant gesteel en die voertuig se linkerruit gebreek en regter voorste band stukkend gesteek.