Harris dalk reeds volgende week bevestig

Die Amerikaanse Demokratiese Party se voorbereidings vir die verkiesing in November is nou in hoogste versnelling nadat president Joe Biden onttrek en sy steun aan sy adjunk, Kamala Harris, toegesê het. Die party se reëlskomitee beplan om Harris reeds teen volgende week as presidentskandidaat te benoem en nie te wag tot die nasionale konvensie wat op 19 Augustus begin nie. Sy sal ook teen die sewende haar adjunk-presidentskandidaat aanwys. Volgens die jongste meningsopnames is daar min te kies tussen Harris en die Republikeinse benoeming, Donald Trump.