PnP: Kenner het kommer oor lone, posisies
Nog reaksie word ontvang op die nuus dat die O&L-groep, wat handel dryf as Pick n Pay Namibia, sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika teen 30 Junie 2025 beëindig. Die groep sê hulle sal tot dan daarop fokus om ontwrigting van werknemers, kliënte en sakevennote te minimaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels, wat sê dat hy bekommerd is oor die huidige werkers se posisies.
Hy sê dit is belangrik dat werkers se salarisse nie verlaag word nie.