Hersiening van parool is in belang van geregtigheid
Die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste gaan die paroolplasing van Marius van der Westhuizen hersien, wat aanvanklik geskeduleer is vir Woensdag. Van der Westhuizen is ‘n voormalige Kaapstadse polisiebeampte en het 17 jaar gelede sy drie kinders vermoor. Hy is verlede maand parool toegestaan. Die departement het besluit om die korrektiewe toesig en die paroolraad se verslag te bestudeer, wat gelei het tot die hersiening daarvan. Singabakho Nxumalo van die departement sê die optrede is in die belang van geregtigheid:
Verslae dui daarop dat hy sy kinders, 16, vyf en 21 maande oud, geskiet het om sy vrou te straf. Hy het 13 jaar van sy vonnis van 24 jaar uitgedien.