Nanso doen beroep op jeug om te registreer

Die aantal geregistreerde kiesers het die een miljoen-kerf verbygesteek, met die jongste statistieke wat wys dat 1 153 916 verkiesbare burgers teen 20 Julie geregistreer het. In agt uit die 14 streke het 70 persent van stemgeregtigde kiesers geregistreer. Met ses dae oor, gaan die Verkiesingskommissie van Namibië voort om hom vir ‘n hoë registrasieopkoms te beywer, deur te verseker dat die registrasieproses so doeltreffend en toeganklik as moontlik is. Die kommissie het registrasiepunte by Nust, Unam en die Internasionale Universiteit van Bestuur opgestel vir studente wat terug is op kampus om te registreer. Dorothea Nangolo, die president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, pleit by studente om in groot getalle te registreer.