Zizi Kodwa se bedanking verwelkom
Cosatu verwelkom die bedanking van die korrupsie-beskuldigde voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, as lid van die parlement. Die vakbondfederasie het voorheen die ANC gekritiseer vir Kodwa se ontplooiing, en gesê dit bots met die party se opsystaan-beleid. Woordvoerder Zanele Sabela sê Kodwa se bedanking stuur ‘n sterk boodskap oor aanspreeklikheid. Sy vra ander partye om die voorbeeld te volg en hulle verteenwoordigers aanspreeklik te hou.