Betaal VBS-slagoffers se geld terug: Azapo

Die Azanian People’s Organisation doen ‘n beroep op almal wat regstreeks of onregstreeks op onwettige wyse voordeel getrek het uit die VBS Mutual Bank om die geld aan die bank se kliënte terug te betaal. Die veroordeelde voormalige voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, het die ANC, die EFF en die SAKP by die plundering van die bank betrek. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê hulle moet aanspreeklikheid aanvaar en die geld as etiese leiers terugbetaal.