Net 80 000 Windhoekers befonds stad se bestuur

Die Stad Windhoek en die Internasionale Universiteit van Bestuur het ‘n memorandum van verstandhouding geteken om verskeie stedelike uitdagings aan te spreek. Die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, het ‘n paar statistieke oor die stad gegee. Volgens Matyayi het Windhoek net sowat 80 000 belastingbetalers wat die bestuur van die Stad onderhou. Matayi sê ook dat hulle statistieke oor die totale aantal inwoners effens verskil van die statistieke van die Namibië Statistieke-agentskap.