Privaat sektor ‘moet help met Klimaatsverandering-wet’
Cosatu sê hy sien uit na vinnige optrede deur alle regeringsvlakke om die Wet op Klimaatsverandering in te stel. Matthew Parks van die vakbondfederasie sê terwyl die wet ‘n progressiewe grondslag lê vir die land se reaksie op klimaatsverandering, kan dit net die doel bereik as die regering sy departemente die bronne gee om dit te verwesenlik. Parks sê die privaat sektor moet ook sy rol speel.