Kanada spioeneer met hommeltuig op Nieu-Seelandse span

Olimpiese Spele: Nieu-Seeland het ‘n klagte teen Kanada ingedien by die Internasionale Olimpiese Komitee se Integriteitseenheid nadat sy vroue-sokkerspan se voorbereiding in St Etienne deur ‘n hommeltuig onderbreek is. Dit is beheer deur ‘n personeelllid van die Kanadese span teen wie hulle môre in Groep A speel. Die Olimpiese Komitee van Nieu-Seeland sê die voorval is by die Franse polisie aangemeld, wat die operateur aangehou het. Span Kanada het sedertdien om verskoning gevra en ondersoek die aangeleentheid.