Honde kan stres in jou asem en sweet ruik

Ons viervoetige vriende se ongelooflike vermoë om te weet ons is in ‘n slegte bui, is iets wat honde-eienaars lank oor wonder. Wetenskaplikes het egter nou bewys dat honde werklik deur hul eienaars se emosies geraak word. Navorsers van die Universiteit van Bristol het ontdek dat honde se gedrag verander word deur die reuk van stres in ons sweet en asem.

Honde wat ‘n gestresde mens geruik het, het ook ‘n meer ‘pessimistiese’ uitkyk op die lewe gehad. Om hierdie teorie te toets, het die navorsers 18 mens- en hondepare gewerf om aan ‘n reeks proewe deel te neem.