Tories sal hulle tyd vat om Sunak te vervang
Die Britse Konserwatiewe Party moet ‘n nuwe leier verkies om Rishi Sunak te vervang. Die party se skadu-minister van binnelandse sake James Cleverly het klaar sy naam in die hoed gegooi maar, volgens Damian Hinds, die Tories se skadu onderwysminister, moet die party genoeg tyd gegun word om te besin oor waar fouteer is en wat voorlê.