MIV is steeds ‘n ding, een persoon sterf elke minuut aan verwante oorsake

Nuwe MIV-infeksies neem toe in verskeie dele van die wêreld, naamlik die Midde-Ooste en Noord-Afrika, Oos-Europa en Sentraal-Asië en Latyns-Amerika. Winnie Byanyima, uitvoerende direkteur van UNAids, sê dat hoewel nuwe infeksies daal is dit steeds kommerwekkend dat amper 40 miljoen mense met MIV leef en byna ‘n kwart hiervan ontvang nie behandeling nie. As gevolg hiervan sterf ‘n persoon elke minuut aan vigsverwante oorsake. In Namibië is 95 persent van alle volwassenes, 15 tot 49 jaar oud, bewus van hul MIV-status, van wie 97 persent MIV-behandeling kry en 94 persent wat virale ladings onderdruk.