Namibië kom 4de in kindervriendelikheid
Namibië is aangewys as die vierde beste land in Afrika om met kinders te besoek terwyl Suid-Afrika effe beter gevaar het en derde behaal het. ʼn Studie deur die toeroperateur, Go2Africa, het die peiling gedoen. Die Seychelle is die kinder-vriendelikste land in Afrika en die wêreld. Dit spog met die gesins-vriendelikste hotelle, besienswaardighede en restaurante wat dit die voorkeur-reisbestemming vir ouers maak. Marokko is tweede in Afrika en Madagaskar vyfde.