Net 12 mense weet wie Olimpiese vlamketel sal aansteek
Net ‘n handjievol mense weet wie Vrydagaand die vlamketel sal aansteek tydens die openingsplegtigheid in Parys – nie eers die persoon wie se eer dit sal wees nie. Die president van die organiseringskomitee, Tony Estanguet, sê minder as twaalf mense weet wat niemand anders weet nie. Die plegtigheid word die eerste keer nie in die hoofstadion gehou nie, maar op vlotte op die Seinerivier. Die vlamketel staan in die Tuileriestuin in Parys se middestad.