Reuse hupstoot vir sonkrag

Huawei FusionSolar het sy grootste kommersiële en nywerheidsomsetter bekendgestel as deel van die maatskappy se bydrae om ʼn sonkragbedryf van hoë gehalte in Suid-Afrika te vestig. Die omsetterreeks van 150 kilowatt se krag word deur ʼn reeks sonpanele opgewek. Huawei Digital Power se president in Afrika suid van die Sahara, Xia Hesheng, sê hierdie reeks spog met ses belangrike eienskappe wat veiligheid, meer energie en langtermyn-betroubaarheid insluit, en dis boonop netwerk-vriendelik.