Covid-spuit kry skuld vir toenemende kankergevalle

Die Kankervereniging van Namibië het ‘n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose uitgelig. Die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, sê die meeste nuwe gevalle kom voor in myndorpe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henk Mudge, die Republikeinse Party se president, wat sê dat verskeie ander toestande aan die toeneem is en dit is as gevolg van Covid-19-inentings.