Haaie aan Brasilië se kus toets positief vir kokaïne

Wetenskaplikes sê haaie aan die kus van Brasilië het positief getoets vir kokaïne. Navorsers het lank reeds vermoed die seelewe kan beïnvloed word deur dwelms wat in die oseaan gestort word deur smokkelaars. Wetenskaplikes het 13 Brasiliaanse skerpneushaaie ontleed en tekens van kokaïne in al die visse gevind, met ‘n konsentrasie soveel as 100 keer hoër as wat voorheen aangemeld is vir ander akwatiese diere. In Junie verlede jaar het die Amerikaanse Kuswag in die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan beslag gelê op meer as 6,4 ton kokaïne, met ‘n beraamde waarde van 3,4 miljard Namibiese dollar.