Onthoring-veldtog stuit renosterstropery

Ezemvelo KZN Wildlewe berig ‘n aansienlike daling in renosterstroping sedert daar in in April met ‘n onthoring-veldtog begin is. Voorheen is 30 tot 40 renosters maandeliks gestroop, maar dit het afgeneem tot gemiddeld vyf per maand vir Mei tot Julie. Woordvoerder Musa Mntambo sê Ezemvelo het begin met die oprigting van ‘n nuwe slimheining by die Hluhluwe-iMfolozi-park om renosterstroping te bekamp. Hy sê die bewaringsliggaam neem ook heining-wagte uit plaaslike gemeenskappe in diens om daagliks die grensheinings te patrolleer en enige skade te herstel.