Iran sê Israel moet van Spele verban word

Olimpiese Spele: Iran veroordeel die deelname van Israelse atlete aan die Olimpiese Spele in Parys en eis hulle uitsluiting op grond van Israel se hantering van die Gaza-konflik. Die Israelse afvaardiging in die Franse hoofstad word baie streng bewaak, te midde van groeiende internasionale verontwaardiging oor die hoё aantal burgerlike ongevalle en die toenemende humanitêre krisis in Gaza. Volgens Iran verdien hulle nie om by die Paryse Spele teenwoordig te wees nie en versoek organiseerders om Israel te verban.