NEFF-aansoek teen Verkiesingskommissie uitgestel
Die verkiesingshof het uitspraak in die dringende aansoek vir ‘n tussentydse interdik wat die Namibia Economic Freedom Fighters teen die Verkiesingskommissie gebring het, tot 8 Augustus uitgestel. Die NEFF is saam met die Christian Democratic Voice op 17 Junie as politieke partye gederegistreer. Dit was omdat hulle nie finansiële state ingedien het soos wat deur die Kieswet vereis word nie. Die saak word deur adjunk-regterpresident Hosea Angula en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager aangehoor.