Bosbou-direkteur stop Kunene-houtskoolbedryf tydelik
Die houtskoolbedryf in die Kunene-streek is tydelik opgeskort weens die oor-oes van mopanie-bome. Die direkteur van Bosbou in die Bosbou-ministerie, Johnson Ndokosho, het die oor-oes eerstehands waargeneem tydens ‘n assesseringsbesoek aan plase. Ndokosho het die opskorting aangekondig op ‘n vergadering met die boere, wat hoogs ontevrede is daaroor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndokosho gesels, wat sê dat sodra die boere aan regulasies voldoen, sal hulle met hul aktiwiteite kan voortgaan.