Kolisi voer sterk Springbokgroep vir Rugbykampioenskap aan

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n sterk groep van 33 spelers onder aanvoering van die dubbele Wêreldbeker-kaptein, Siya Kolisi, aangewys vir die Rugby-kampioenskap wat op die tiende van volgende maand in Brisbane teen die Wallabies afskop. Twee-en-twintig van die spelers is Wêreldbeker-wenners, terwyl vyf wat vanjaar hulle debuut gemaak het, ook ingesluit is – Jan-Hendrik Wessels, Johan Grobbelaar, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Ben-Jason Dixon en Morné van den Berg. Daar is ook ‘n terugkeer vir die slot Ruan Nortjé, wat sy Springbok-debuut in 2022 teen Wallis gemaak het.