Fima handel oor meer as bewaring en moet nou geïmplementeer word
Die Namibië Toesighoudende Owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, sê die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima, is nie net op bewaring gefokus nie. Dit spreek ook ander aspekte van die finansiële sektor aan. By ‘n regeringsinligtingsessie het Kenneth Matomola, die uitvoerende hoof van Namfisa, aangekondig dat al wat nou oorbly is dat die wet geïmplementeer word.
Matomola het die belangrikheid van die wet uitgelig.