Meatco-raad: Dis ‘n jaarlikse herhaling van dieselfde ding sê kenner

Reaksie word ontvang op die nuwe Meatco-raad wat deur die lynminister Ipumbu Shiimi aangestel is. Die kabinet het die aanstelling, tot 2027, goedgekeur maar met spesifieke opdragte wat insluit dat daar ‘n prysgelykstelling tussen noord van die kordonheining, of rooilyn, en suid van die heining geïmplementeer word. Landboukenner Wallie Roux het sy misnoeë hieroor so uitgespreek.