Marokko sukkel met koringproduksie

Marokko sukkel nes ander lande op die vasteland, met erge droogte. Die land plant jaarliks ongeveer 5 miljoen hektaar se graan aan, maar as gevolg van klimaatsverandering het die syfer gekrimp na 2,7 miljoen hektaar. Vanjaar skat Marokko se landbouministerie die koringoes sal ongeveer 31,2 miljoen kwintaal wees, ‘n drastiese daling van 43 persent. Die vorige oes was 55,1 miljoen kwintaal, wat ook as laag beskou is. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie plaas Marokko vanjaar sesde onder die top tien koringinvoerders ter wêreld.