Daar’s geen vakatures by Katutura-hospitaal nie
Die gesondheidministerie stel die publiek in kennis dat ‘n plasing wat op sosiale media die rondte doen dat Katutura-hospitaal op soek is na werklose verpleegsters en aansoeke moet by die hospitaal ingehandig word, vals is. Die ministerie sê dat vakatures by alle fasiliteite slegs geadverteer word deur die Kantoor van die Eerste Minister se personeelomsendbrief, ministerie-omsendbriewe of kennisgewingborde by gesondheidsfasiliteite, met ‘n amptelike datumstempel. Enige ander advertensies is vals. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik.