Cosatu veroordeel aanvalle op noodpersoneel

Die vakverbond Cosatu het aangesluit by die Suid-Afrikaanse Vakbond vir Noodpersoneel met die veroordeling van aanvalle op noodwerkers. Dit volg na die aanranding van twee paramedici Saterdag in Mpumalanga. Woordvoerder Zanele Sabela doen ‘n beroep op gemeenskappe om werkers te beskerm en vra die Departement van Gesondheid om veilige werksomstandighede te verseker. Sy vra ook die vinnige inhegtenisneming van die misdadigers: