Voedselvertragings by Whk-skole opgelos
Die onderwysministerie het volgens berigte die vertraging in voedselaflewerings by 36 Windhoek-skole opgelos. Volgens die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp was die uitdaging as gevolg van vertragings in amptelike bestellings aan verskaffers maar, dit is nou opgelos en skole het reeds begin voedsel ontvang. Die betrokke skole het sedert Januarie gesukkel om voedsel te bekom en 15 400 leerders is daardeur geraak.