Sharma, Kohli kan glo tot 2027 vir Indië speel

Krieket: Indië se nuwe hoofafrigter, Gautam Gambhir, glo die veterane Rohit Sharma en Virat Kohli kan steeds die land in 2027 se eendag-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig, mits hulle fiks is. Kohli is nou 35 en Sharma 37. Albei het uit T20’s getree nadat Indië Suid-Afrika verlede maand in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi geklop het. Gambhir, wat van 2003 tot 2016 vir Indië gespeel het, sê Kohli en Sharma het nog baie om die spel te bied, maar hy besef dit is uiteindelik hulle wat die besluit moet neem.