Hardapdam 9,8% vol, sentrale damme 15,4%
Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 15,4 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 11,5 persent na water van Swakoppoort, wat op 28,8 persent staan, oorgedra is. Omatako is dolleeg. In die Suide is Hardap op 9,8 persent met 448 000 kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 42,6 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 39,1 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 2,3 persent met die Otjiverodam op 3,3 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 4 en 1,5 persent. In die Noorde staan die Olushandjadam inloop op 46,7 persent.