Verkiesingskommissie laat wel gevangenes registreer

Die LPM-party beweer in ‘n persverklaring dat die Verkiesingskommissie van Namibië opsetlik Namibiërs in tronke van die kiesersregistrasieproses uitsluit. Hulle voer aan dat aangesien gevangenes nie korrektiewe fasiliteite kan verlaat om te registreer nie, en omdat vorige kieserskaarte ongeldig is, daar teen hulle gediskrimineer word. Die LPM doen ‘n beroep op die ECN om die kwessie dringend aan te spreek sodat gevangenes kan registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, wat sê hulle het die LPM se brief ontvang.