O&L-groep gaan met Pick n Pay SA breek

Die Ohlthaver en List-groep, wat handel dryf as Pick n Pay Namibia en 19 Pick n Pay-winkels besit en bedryf, gaan sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika teen 30 Junie 2025 beëindig. Die strategiese besluit strook met die groep se Visie 2029-aspirasies. Sven Thieme, die voorsitter en uitvoerende hoof van die groep, sê hy is vol vertroue dat die besluit strook met hul verbintenis om ‘n meer kliëntgesentreerde en Namibiese markgeoriënteerde besigheid te wees. Hy sê hulle sal in die oorgangsfase daarop fokus om enige ontwrigting van werknemers, kliënte en sakevennote te minimaliseer.