Akkerbouraad, Agribank ondersteun vrugteboere

Namibia se vermoë om genoeg voedsel te produseer word al hoe meer kommerwekkend, soveel so dat die regering en instansies moet intree. Die Namibië Akkerbouraad het ‘n studie vrygestel wat sê Namibië voer 96 persent van haar vrugte in. Daarom doen die raad en Agribank stappe om plaaslike vrugte-boerdery te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die Akkerbouraad se tuinbou-mark ontwikkelingsbestuurder, wat meer inligting verskaf.