Boksakademie verwelkom die moontlike verwydering van haweloses by stadion
Reaksie word ontvang op die haglike toestand van die Katutura-sportkompleks waar haweloses sedert Maart 2020 gevestig is en by die dag meer word. Die sportministerie, wat die kompleks moet bestuur, sê hy werk met belanghebbendes om te verseker dat, selfs in die geval van uitsetting, die groep na ‘n gebied met basiese dienste verskuif sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Nestor Tobias, die stigter van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie wat in die Katutura-sportkompleks geleë is, gepraat. Hy sê daar is groot ontwrigting by die perseel.