Kommer oor GBV-ondersteuning in Omaheke
Die LPM-parlementslid Utaara Mootu is bekommerd oor die skuilings vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld in die Omaheke-streek. Volgens haar maak sommige van die skuilings toe weens ‘n gebrek aan fondse om personeel en vrywilligers te ondersteun, wat slagoffers kwesbaar laat. Sy beweer ook dat daar slegs vyf maatskaplike werkers aan die hele streek toegewys is. Kosmos 94.1 Nuus het met Mootu gesels, wat meer inligting gee.