Logos Hope groet, sê dankie Namibië

Logos Hope, die wêreld se grootste drywende boekwinkel, het meer as 27 000 besoekers gelok binne die eerste week nadat dit by die Walvisbaai-hawe vasgemeer het. Die vaartuig het op 5 Julie vir die publiek geopen en bied ‘n diverse keuse van meer as 5 000 boektitels. Dit het ook talle geleenthede aangebied vir ‘n wye verskeidenheid gehore en belangstellings. Mense het van so ver as Zimbabwe en Botswana gereis om die boekwinkel te besoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paolenta Kevo, die projekbestuurder van Logos Hope na Namibië, wat sê dat hulle dankbaar is vir die Namibiërs en hul gasvryheid.