Hof in Bangladesj skrap meeste kwotas oor poste

Bangladesj se hooggeregshof het die meeste van die kwotas op regeringsposte geskrap wat tot gewelddadige botsings regoor die land gelei het waarin minstens 105 mense dood is. ’n Derde van poste in die openbare sektor was gereserveer vir die familielede van veterane van die land se onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan in 1971. Die hof het beslis dat net 5 persent van die rolle vir veterane se familielede gereserveer kan word. Sommige studenteleiers het belowe om aan te hou betoog.