Skenkers hou blykbaar van Harris
Skenkings aan die Demokratiese Party het toegeneem nadat president Joe Biden afgesien het van sy poging om herverkies te word en sy steun aan sy adjunk, Kamala Harris, toegesê het. ‘n Aantal van die grootste skenkers het ná Biden se onlangse debatsvertoning hul bydraes aan die party weerhou weens toenemende kommer oor sy geestelike vermoë. ActBlue, wat skenkings aan Demokratiese kandidate hanteer, sê bydraes het met 8 miljard Namibiese dollar gestyg sedert Biden se steun aan Harris. Sowat 4 000 Demokrate trek in Augustus in Chicago saam om ‘n benoeming aan te wys.