Oupa, 67, ondersoek vir verkragting van kleinseuns, 3 en 5

Die Omusati-polisie ondersoek ‘n saak van verkragting nadat twee minderjarige seuns van drie en vyf jaar oud na bewering deur hul 67-jarige oupa aangerand is. Die streed se misdaadondersoek koördineerder, adjunkkommissaris Moses Simaho, sê die voorvalle het na bewering gedurende die maand by die Ongatudhiya-nedersetting in die Elim-kiesafdeling plaasgevind en dat daar verskeie voorvalle was. Die kinders se ma het die klag by die polisie gelê. Simaho sê die verdagte is bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.