Phaahla die week by MIV-konferensie in Duitsland
Die adjunkminister van Gesondheid Joe Phaahla lei dié week ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 25ste Internasionale Vigskonferensie in München in Duitsland. Die wêreld se grootste konferensie oor MIV en Vigs bring wetenskaplikes, aktiviste en beleidmakers byeen. Die departmentele woordvoerder Foster Mohale sê die konferensie bied Suid-Afrika die geleentheid om insigte te deel uit MIV-proewe en die uitslag van onlangse peilings: